5 Minutes before 09/09/09 is over! My computer is soooo sloooowwww, I wonder if this will even get posted; oh no!...there's only 2 minutes of 09/09/09 left!Whew! Glad I got that out of the way...what is it with us and dates like 09/09/09? On the radio this afternoon, they were talking about how many couples were getting married today, especially at 9 am or 9 pm, some with only 9 guests etc. Apparently the number 9 means something like forever good luck, or maybe I have it wrong, (due to the slow computer - definitely time for an Apple - I did not google) but it's something like that.The rest of the post is in Afrikaans, it's for the family at home who cannot always receive email attachments.
Amper 4 Tande

Die soewenier kepsie van die Wittebrood pas eindelik

Lekker agteroor, voete-op-die-tafel by die Tannies se woonstel.
(Ek wil amper se in
tipiese S-man houding!)
Kyk net hoe oulik is Janneman! En wat dink julle van daai doek? Wie sou kon dink babadoeke kan gesogte versamelaarsitems word?! Brianne gebruik net lapdoeke, maar dis defnitief nie die lapdoeke van ons tyd nie, aikona, dis die oulikste goed; klaar gevorm en met drukknopies of so dat 'n "snappy" gebruik kan word. Sekeres is vir slaap en ander is net plein ougat. Ek kan net dink hoe skattig 'n dogtertjie s'n kan wees. Een van sy doeke is selfs van Wihann se gunsteling hokkiespan, ek dink die "Penguins". Ek sal weer foto's neem, wens ek het vroeer daaraan gedink. Die ene op die foto lyk vir my soos 'n kameelperd "print."

Die ander foto's is van die girlkies se woonstel wat uiteindelik na my onbeplande-verlengde 10 dae lange besoek (en "liefdadigheidsbydrae") bietjie meer "homey" begin lyk. Ek het langerig terug vooruit vlugte geboek, toe dit op sg. uitverkoping was, en sowaar, hier boek ek my terugvlug vir die spesifieke besoek (J. het nie daar gaan werk die keer nie) vir 14 dae, ipv 7 dae. Is dit 'n "honest mistake" of is dit nou ouderdom of wat? Dit was langnaweek in Kanada en natuurlik was vlugte ewe skielik meer as dubbel soveel as gewoonlik en kon ek eers eergisteraand terugkom. Nie dat ek kla nie, ek het dit baie geniet daar, maar 'n paar afsprake tuis gemis. (En J. se dat die honde en katte my vreeslik gemis het...!!)
(En blogger is nog steeds besig om die "images te upload". Dis darem seker nie hulle skuld nie, ek dink hierdie rekenaar is die probleem.)
Die foto's van die woonstel is vir Sus; dis min of meer hoe groot Mam se beplande woonstel gaan wees. Is maar klein, maar sy se dis wat sy wil he. Ek se vir haar ons moet maar Kanadees gaan en 'n kelder laat grou, sodat sy al haar, um, versamelaarsitems daar kan stoor!
(Wag steeds vir die blogger upload... en dis net die eerste klomp wat ek wil laai.)
(Wag nog steeds, en ek moes al in die bed wees, ek sal more die foto's plaas. )
(Ek gaan die pos wel plaas, sal more verder hieraan werk. Wonder wat sal gebeur as ek die 'upload' "aanlos" en nie kanselleer nie?)
(En steeds is dit 'n langdradige storie om foto's gelaai te kry; ek probeer later weer.)